Romano Fredericks

Meer as ‘n jaar ná sy verdwyning is daar nog geen spoor van Romano Fredericks nie.

Fredericks, ‘n inwoner van Yskor, word sedert Saterdag 3 Augustus 2024 vermis nadat hy by die huis weg is.

‘n Bidstaptog word Vrydag 15 Augustus ter ondersteuning gehou. Dit begin in die parkeeerarea oorkant Hoërskool Louwville en word deur die Vredenburg-soek-en-reddingseenheid vir vermiste mense (‘n entiteit op sy eie) om 14:00 aangebied. Die gemeenskap word genooi om die geleentheid by te woon en saam te bid. Elkeen kan ook ‘n kers saam bring.

Weslander het verlede jaar met Fredericks se familie gepraat, waarna sy ouma Anna gedeel het dat sy haar kleinseun net weer veilig by die huis wil hê. Namate tyd verloop het, het Anna al hoe meer bekommerd geraak dat hy nie teruggekeer het nie. “Hy was nie ‘n kind wat rondgeloop het nie; hy het altyd teruggekom huis toe,” het ‘n bedroefde Anna vertel.

‘n Ander familielid het weer met Weslander gedeel hoewel dit ‘n jaar later is, hanteer die familie steeds nie sy verdwyning goed nie. “Dit maak nog baie seer en ons hanteer dit dalk nie so goed soos wat mense dink nie. Ons is steeds nie waar ons moet wees nie, maar bly hoopvol.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article