ST HELENABAAI – Die Weskus Quartel Bomgat (Shellhole) het die afgelope naweek ‘n suksesvolle jaarlikse gholfdag by die Shelley Point-gholfklub in die dorp gehou om fondse in te samel vir die belangrike gemeenskapsdiens wat hulle in die gebied verrig.
Dié MOTH-tak in die Weskus se “dug out” is in die hawe in St. Helenabaai geleë. M.O.T.H. staan vir die Memorable Order of Tin Hats, ‘n organisasie vir oud-dienspligtiges wat in Mei 1927 deur Charles Evenden in Durban, Suid-Afrika, gestig is. ‘n Shellhole is die term wat gebruik word vir ‘n plaaslike tak of vergaderplek van die M.O.T.H.-organisasie.









Volgens Danie Erwee, die takvoorsitter, ondersteun die Weskus Quartel, met sy 40 lede, verskeie welwillendheidsorganisasies en die noodsaaklike en waardevolle gemeenskapswerk wat hulle verrig. “Ons ondersteun ook onder meer die bekende BADISA-program, Huis Wittekruin in Vredenburg, en militêre veterane. Ons voorsien ook rystoele en krukke vir eie lede en die publiek indien nodig”
Die Weskus MOTH-tak is in Saldanha gestig en in 2005 deur die Kaapse Middellande se Uitvoerende beheerliggaam ingehuldig.
Die MOTH-lede is tradisioneel oudgediendes wat fokus op kameraderie en gemeenskapsdiens. MOTH (Order of Tin Hats) is ‘n veterane-organisasie wat in 1927 gestig is.
Die organisasie het egter nou sy deure geopen vir ondersteuners wat graag wil aansluit, selfs al was hulle nie betrokke by veiligheidsmagte, soos die SAPD of SA Weermag. Vroue is ook welkom. Die jaarlikse fooi vir lidmaatskap is R450.
Belangstellendes kan vir Danie (082 870 8268), Koos (066 215 1384), Michelle (082 443 8275) of Andre (083 733 7832) kontak.






You must be logged in to post a comment.