In Weslander se berig verlede week oor die moord op Deneilsen Rossouw (24) van Louwville (“Mesdood ruk Louwville”, Donderdag 6 November) is genoem dat twee verdagtes weens die moord in hegtenis geneem is en dat hulle op Dinsdag 4 November in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord verskyn het.
Dit het intussen onder Weslander se aandag gekom dat die saak tydens daardie hofsitting teen Enrico Visagie (30) laat vaar is. Hy word dus glad nie meer met die saak verbind nie.
Dat die saak teen Visagie teruggetrek is, was nog nie teen die tyd wat die koerant drukkers toe is op Woensdag 5 November aan Weslander bekend nie.
Die moordsaak teen Angelo van Wyk (20) gaan egter voort.




