Inbraak en vandalisme by skole minder in die Wes-Kaap.

Die getal voorvalle van inbraak en vandalisme wat gedurende die 2025-’26- somerskoolvakansie by Wes-Kaapse skole plaasgevind het, het aansienlik afgeneem, met 36 voorvalle wat deur 32 skole aangemeld is.

Volgens Kerry Mauchline, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), is dit ‘n merkbare af- name in vergelyking met die 47 voorvalle wat deur 34 skole in die 2024-’25-somervakansie aangemeld is, wat op meer effektiewe identifikasie van teikens en monitering van skooleiendom dui.

“Ons het vakansiesekuriteit by 441 skole gedurende die vakansie gesubsidieer om skooleiendomme te beskerm en nou saamgewerk met die polisie en wets- toepassing om waaksaamheid rondom ons skole te verhoog.”

‘n Waaksame skoolgemeenskap kan selfs die mees toegewyde misdadigers en vandale dwarsboom. Daarom doen die WKOD steeds ‘n beroep op die publiek om hul buurtskole fyn dop te hou en enige verdagte aktiwiteite onmiddellik by die polisie of ons Veilige Skole-hulplyn (0800 45 4647) aan te meld.

“As u enige inligting het oor die voorvalle wat gedurende die skoolvakansie plaasgevind het, meld dit asseblief aan. U mag dalk die sleutelinligting hê wat die polisie in staat sal stel om die oortreders in hegtenis te neem.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article