Die matriek klas van 2026 het op vandeesweek, op Dinsdag 13 Oktober, amptelik met hul Nasionale Senior Sertifikaat-eindeksamen afgeskop.
Die praktiese eksamen in Rekenaartoepassingstegnologie was die eerste vraestel op die eksamenrooster.
Volgens Mateo Hercules, van die Hoërskool Vredenburg was die praktiese eksamen soos enige ander wat hy al gedoen het en was so moeilik soos wat hy verwag het. “Daar was net sekere vrae waar ek baie hoê denkprosesse in my brein moes gebruik het,” vertel hy.
Hercules sê hy voel steeds deurmekaar aan hoe die res van die eksamens gaan verloop aangesien dit a CAT prakties was, maar hy voel dit was ‘n lekker ervaring to dusver.

Vir Karissa Ludick, van die Hoërskool Hopefield, was die praktiese eksamen heel billik gewees. “Die uitdagendste deel van die vraestel was vraag 3.5, omdat jy ’n bietjie verder moes dink. Vraag 7.2 het ook ’n bietjie dinkwerk vereis. Gelukkig het ek tydens my voorbereiding van my onderwyseres se video’s gekyk waarin sy ’n soortgelyke vraag behandel het.”
Ludick meen sy voel meer gespanne oor die res van die eksamen en kan rustig voorberei.

Jaco Londt, Wes-Kaapse minister van onderwys, het matrieks aangemoedig om hard te werk, dissipline aan die dag te lê en die eksamenreëls te gehoorsaam. “Moenie in die versoeking kom om ’n kortpad te kies nie, dit is eenvoudig nie die moeite werd nie. Julle het almal ’n onderneming onderteken om by die eksamenreëls te hou, so kom dit asseblief na,” het Londt gesê.
“Die vieringe sal later kom. Maak julleself, julle families en julle gemeenskappe trots.”
Londt wens die matriekulante alle sterkte toe met die eksamenreeks in hierdie laaste fase van hul skoolloopbaan.
LEES OOK: Só berei matrieks vir eksamen voor






You must be logged in to post a comment.