‘n Winkeleienaar van Velddrif het sy hele vrag tjips, ysies en koeldranke verloor toe die bakkie waarmee hy dit van Vredenburg af vervoer het, buite beheer geraak en die kantreling getref het.

Die bakkie het sy hele vrag verloor op impak. Foto’s: Alida Buckle

Mense het eenvoudig by die ongelukstoneel stilgehou en skaamteloos die hele vrag weggedra.

Kitkatcho Shango, wat net lig in die ongeluk beseer is, kon vanmiddag (3 April) net moedeloos toekyk hoe omstanders die hele vrag wegdra. Dit het verstrooid oor die veld anderkant Siyabonga gelê, langs die Vredenburg-Velddrif-pad.

Sy vriend, John Eremias, het gesê Shango het nie versekering nie, so die vrag wat verlore gegaan het, is vir hom ‘n groot verlies.

In die agtergrond kan gesien word hoe mense die vrag optel en wegdra.

Die bakkie was glo erg oorlaai, wat veroorsaak het dat dit buite beheer raak.

Nooddienste, die brandweer, verkeersbeamptes en die polisie was vinnig op die toneel.

Die verkeer moes beheer word terwyl die toneel opgeruim word.

Motoriste moes maar geduldig wag om deurgelaat te word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article