Charmaine Laubscher, die onderburgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) en waarnemende burgemeester, bedank uit DA en sluit by die Patriotic Alliance aan:

* Solank die gehalte van dienslewering dieselfde bly of selfs verbeter… Ons is almal uiteindelik tog maar net inwoners wat dinge wil sien werk. – Karen Loubser

* Alle voorspoed aan julle en mag die keuse en nuwe seisoen alles wees wat julle is en waarvoor julle staan. – Adele Jaarsveld

* Charmaine was a great servant of the people. I trust that she will be exceptional. Eventually everyone leaves their place of employment. No matter what you decide for yourself (good or bad), people will always have something to say. I wish her the best and God will never put you in a position that you can’t handle. Stay blessed. – Derrick Smith

* As dit so maklik is om van party te verander, sê dit vir my jy was nooit ernstig oor waarvoor jy kwansuis gestaan het nie. – Christa van Ellewee

Pato 10 verskyn in hof op bedrog:

* So snaaks dat die “agtergeblewenes” kan wegkom deur miljarde rande te steel en hul sake telkemale uitgestel word sodat dit naderhand van die tafel afgevee word. – Elize du Toit Hanekom

* Dit is 100% reg. indien hulle skuldig is, moet hulle die straf daarvoor kry, maar wat word van die man by wie daardie klomp baie duur karre gekry is? Wanneer word hy aangekla, verhoor en tronk toe gestuur? – Elmarie Eksteen

* Hulle beroof mense se hardverdiende geld; sluit toe en gooi die sleutel weg. Beroof ook ou mensies uit hul lewensgelde. – Bonny Bennett

Kleinskaalse vissers soek erkenning in besluite wat hulle raak:

* Miskien kan hulle meer fokus op die groot skepe wat ons see leeg vang en die klein outjies los… Dit is nie hulle wat skade maak nie! – Monique Grobler

* Feite. – Gerhard Janse van Rensburg

* Hoog tyd! – Carli Smook

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article