Die prefekte van Eden Primêr het ’n projek gedryf om goedere vir die inwoners van Huis Natasha in te samel. Die program val onder Siyabonga Care Village in Vredenburg. Die skenking is Vrydag 29 Julie aan die inwoners oorhandig. Huis Natasha is baie dankbaar vir die skenking. Veronique Sampson (onderwyseres), Gracia Meyer (hoofmeisie), Cecilia Dreyer (onderhoofmeisie) en Bianca Roberts (onderwyseres, Eden Primêr) het die skenking oorhandig.


Leerders ryk uit na bejaardes

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article