Elfrieda Engels, Cancervive-sameroeper en self ‘n kankeroorwinnaar, nooi Weskussers uit om op Saterdag 26 Julie deel te neem aan ‘n inspirerende oornagstap deur Weskus Mall.

“Dit beloof om ‘n energieke, hartverwarmende gemeenskapsgeleentheid te wees ter ondersteuning van ‘n belangrike saak: kankeropvoeding en -bewustmaking,” sê Engels.

Sy nooi almal uit om te kom kyk hoeveel rondtes hulle kan voltooi. “Die span of individu met die meeste rondtes sal aan die einde van die geleentheid aangekondig en gevier word.”

Die idee vir hierdie oornagstap het volgens Engels ontstaan uit vele navrae uit die Weskus-gemeenskap vir ‘n deurnagstap-geleëntheid. “Weskus Mall se personeel was dadelik bereid om deel te word van die geleentheid.

Daar gaan bewusmaak en onderrig oor kanker deur die loop van die aand aangebied word. “Ons hooffokus is opvoeding en gedurende die nag sal ons edu-shows aanbied om ‘n bewustheid van kanker te skep.” Verskeie sprekers gaan hulle stories deel en daar sal ook borsondersoeke, papsmere, bloeddruk- en bloedsuikertoetsings beskikbaar wees.

Nog ‘n nuwe verwikkeling vir Cancervive, vertel Engels, is die WhatsApp-bot wat mense gaan help om kwel vrae te antwoord. Die bot se naam is Thuto.

Engels nooi gesinne met kinders uit om deel te neem.

Spanne kan registreer deur op die QR-kode op die plakkaat (sien langsaan)te skandeer en dan te registreer. Óf hulle kan per hand die spanregistrasie vorm invul en dan betaal. Die verwysing “WKM Walk” of die spannaam moet die betalings vergesel.

Die spankapteinvergadering vind op 22 Julie om 18:00 plaas in die restaurant-vierkant voor De Jagers Uitrusters in die Weskus mall. Daar sal ook registrasievorms beskikbaar en ‘n kaartmasjien beskikbaar wees.

Engels hoop om ten minste 500 mense te lok wat hopelik sowat dertig spanne sal insluit.

Ter wille van die organisering van die geleentheid, is voorafregistrasie verkieslik. Laatslapers sal wel van 14:00 op 26 Julie af in die Weskus mall kan registreer.

Om hulde aan kankeroorlewendes en families wat deur kanker geraak word, te bring, sal daar ‘n spesiale oomblik gehou word met die amptelike opening.

Daar gaan ook ‘n gedenkrondte gestap word om hul oorwinning te vier.

Volgens Engels gaan daar heelnag musiek gemaak word met verskeie bekende en geliefde plaaslike kunstenaars wat hulself beskikbaar gestel het vir optredes.

Vermaak vir kinders sluit ‘n springkasteel, ‘n inkleurwedstryd en ‘n sangkompetisies in.

Verder gaan daar ook verskeie kosstalletjies beskikbaar.

Elke span kry ‘n “kamperplek” met ‘n gazebo, stoele en komberse om tussenin te rus. Spanne moet aanmeld teen 17:00 met die amptelike opening om 19:00.

Die deurnagstap hou om 05:00 Sondagoggend op waarna die afsluiting en prysuitdeling gehou gaan word.

Mense wat nie deurnagstap kan bywoon nie, maar steeds ‘n bydrae wil maak, kan geldelik bydra. “Maak nie saak hoe klein of groot nie, dit gaan ons help om mense op verafgeleë plekke met inligting te bereik. Voorkoming is beter as genesing.”

Registreer as ‘n span van 10 vir slegs R650, of individueel teen R65 per persoon. Spanne kan volgens temas aantrek, banniere hê en met groot gees opdaag en aanhou. Daar is pryse vir die beste gees en deelname.

Vir meer inligting, kontak Elfrieda Engels by 082 854 3145.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article