Dié man wat Maandagaand op die R47 naby die indraai na Anemonestraat, Yskor, van agter deur ‘n voertuig gestamp is, het mediese behandeling ontvang. Volgens kapt. Tania Helfrich, distriks- woordvoerder vir die Weskus-polisie, is ‘n aanklag van roekelose en nalatige bestuur teen die be- stuurder van die voertuig gemaak wat die man gestamp het. Daar sal na verwagting nog klagte bygevoeg word omdat die bestuurder van die toneel weggejaag het. Sy voertuig se nommerplaat is egter op die toneel gekry.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article