Van links is Dea-Nay Pieters, Chad-Lee Pieters en Robernecia Mosito, lede van die Weskus-judoklub. Hulle het die afgelope Saterdag (16 Mei) aan die Cape Town Judo Association-kompetisie in Muizenberg, Kaapstad deelgeneem. Al drie het goud verower en is gekies om van 6 tot 11 Julie aan die SA nasionale kompetisie in Gqeberha deel te neem. Skakel Joshua Jordaan, klubvoorsitter, by 060 506 9502 of hul afrigter, sensei Jacques Boer, by 060 475 3065 om dié drie talentvolle judokas geldelik by te staan.

Jong judokas kort donasies

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article