Renzs Lombard is vandag vrygespreek in die ontvoer en verkoop van klein Joshlin Smith. Foto: Danie Hefers
Renzs Lombard is vandag vrygespreek in die ontvoer en verkoop van klein Joshlin Smith. Foto: Danie Hefers

Kaapstad: Kelly Smith, Boeta Appollis en Steveno van Rhyn het hul stryd om verlof tot appél teen hulle skuldigbevinding en lewenslange tronkstraf verloor. Dit het gister en vandag (12-13 Augustus) in die Wes-Kaapse hooggeregshof in die stad plaasgevind.
Renz Lombaard het ook vrywaring van vervolging gekry vir haar aandeel in die verdwyning van Joshlin Smith verlede jaar omdat sy staatsgetuie geword het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het regter Nathan Erasmus se uitsprake verwelkom.
Die vonke het vanoggend behoorlik gespat in die appélaansoek tussen Erasmus en Steveno van Rhyn se regsverteenwoordiger, Nobahle Mkabayi.

Die sitting in hof 19 gister (Woensdag 13 Augustus). Foto: Danie Hefers
Die sitting in hof 19 gister (Woensdag 13 Augustus). Foto: Danie Hefers


Mkabayi het Erasmus van bevooroordeeldheid, die skep van ‘n vyandige hofomgewing en selfs onreëlmatigheid tydens die Joshlin Smith-hofsaak vroeër vanjaar in Saldanha, beskuldig.
Mkabayi was duidelik nie tevrede met die regter se hantering van dié hofsaak nie.
Erasmus het Mkabayi op sý beurt van feite-verdraaiing, dat sy vir die gallery speel en nie haar werk behoorlik gedoen het nie, beskuldig.
Dit was duidelik dat die regter se geduld met Mkabayi se uitgerekte appélaansoek, begin opraak. Toe Mkabayi hom van moontlike sameswering met ‘n getuie beskuldig het, het Erasmus haar versoek om dit op rekord te plaas. In die hofsaal en op nasionale televisie.
Die saak hou verband met die verdwyning van Joshlin Smith in Middelpos- informele nedersetting, Saldanha, verlede jaar.

Die regslui sit in die hofsitting vandag. Foto: Danie Hefers
Die regslui sit in die hofsitting vandag. Foto: Danie Hefers


Smith, Appollis en Van Rhyn is op 29 Mei tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan mensehandel en ontvoering.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article