Die 16de Jazz op the Rocks-fees in Tietiesbaai by Paternoster. Foto: Nadia Hunter van Mosselbaai

Die 16de Jazz op the Rocks-fees het van Donderdag 26 Februarie tot Sondag 1 Maart plaasgevind by Tietiesbaai in die Cape Columbine-natuurreservaat by Paternoster.

Feesgangers het ‘n naweek van lewendige musiek en ‘n skilderagtige kusomgewing geniet.

Die program het optredes ingesluit van onder meer Breezin’ Band, Elixir Band met Leonie, Alistair Izobell en The Rocketzz New Generation.

Die kombinasie van jazz en ander genres het ‘n unieke, intieme atmosfeer geskep waar musiek en natuur hand aan hand gegaan het.

Die organiseerders het die naweek as suksesvol beskryf, met feesgangers wat die unieke ervaring van musiek langs die see in die natuurreservaat waardeer het.

Edward van Hooi (agter) by Sedwin Pharo (Pikkewyn, links) en Francis Pharo tydens ‘n vrolike naweek by Jazz op the Rocks. Foto’s Linda Luyt
Duisende feesgangers het weer vanjaar na die fees gestroom. Foto: Nadia Hunter van Mosselbaai
Charlome Visagie, Charlotte Gans en Jose Visagie geniet die musiek by Jazz op the Rocks in die Cape Columbine-natuurreservaat, Paternoster.
Mandene en klein Kiara Brown saam by die fees.
Charlene en Ashley Geswindt deel ‘n vrolike oomblik tydens die naweek se optrede.
Ryno Fransman, Samulin Manuel en Elize Brandt geniet die musiek en atmosfeer by Jazz op the Rocks.
Lekker tye by Jazz op the Rocks: agter van links – Angelo Lackey, Grezania en Alrich Koopman, Melissa Muller en Inge Jacobs; voor – Rudy, Jamelo Miles, Sandra Jonkers en Wilna Walker. Foto’s Linda Luyt
Natasha, klein Zororo en Peter Samuels vang die musiek en die natuurskoon saam op. Foto’s Linda Luyt
Wendy Samaai en Geraldine Pontello geniet die feesgees in die Cape Columbine-natuurreservaat.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article