Redaksionele kommentaar | Editorial comment

Aan die einde van elke jaar sê mense gereeld “dit was ‘n jaar wat ek nie wil oorhê nie” of “volgende jaar kan net beter”.

By Weslander was dit voorwaar ‘n jaar wat ons liefs nie weer sal wil beleef nie.

Die verkoop van die koerant aan die einde an 2024 aan Novus Holdings het noodgedwonge veranderings teweeggebring. Ons het geswoeg en gesweet om nuwe programmatuur en sagteware onder die knie te kry – teen spoed, want die druktye het presies dieselfde gebly.

Hierna is die nuwe webwerf Weslander.co.za en die nasionale NovaNews.co.za bekendgestel. Die personeel moes vinnig leer van, onder meer, search engine optimisation en om berigte vir die web gereed te kry.

Terselfdertyd word die redaksie tot op die uiterste beproef deur ‘n drie maande lange hofsaak wat ons elke dag moes bywoon. Daarna volg verskuiwings wat tot ‘n verandering in bestuur gelei het.

Ons het by mekaar geleer; saam gelag; altyd die silwer randjie gesoek, want opgee is nie ‘n opsie nie en “halfgat” gaan ons nie dinge doen nie.

Ná dié jaar kan ons terugkyk en trots wees op ‘n piepklein span se uithouvermoë en deursetting.

Daar is nog baie welwillendheid teenoor die koerant wat al 52 jaar ‘n diens aan die gemeenskappe van die Weskus lewer.

Nog veranderings kan seker in 2026 verwag word – nog nuwe dinge om te leer – maar ons is hier om in ons lesers se harte te bly. Gedruk, aanlyn, altyd aan die gang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article