Die Da Gamabaai- huishoudelike en gemeenskaplike bewareatenk-gebied.


Inwoners van St. Helenabaai kan nie meer die reuk van riool verduur nie.

Volgens ’n inwoner van St. Helenabaai is die rioolstank ondraaglik om mee saam te leef.

“Hierdie aangeleentheid is al telkemale in die afgelope drie jaar aangemeld, maar dit blyk dat ons geen simpatie van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) ontvang nie,” meen die inwoner.

Die inwoner verduidelik dat Columbine in St. Helenabaai sy eie rioolstelsel het en nie gebruik maak van die munisipaliteit se rioolwaens vir rioolverwydering nie.

“Die munisipale werkers kom stort egter die riool wat by ander dele van St. Helenabaai uitgepomp word, in ons stelsel sodra daar druk is weens vakansie-besetting of dit lyk my net wanneer hulle nie lus is om Laingville toe te ry, waar die rioolplaas is nie.”

Die inwoner sê die uitpompery het gewoonlik in die aand gebeur, maar gebeur nou sommer helder oordag. “Plaaslike inwoners moet die stank hanteer en deure en vensters toemaak om dit te ontduik.

Selfs wanneer ons braai, moet jy eers binne toe gaan en toemaak vir die reuk om te versag.

Volgens Ethne Lawrence, woordvoerder van die SBM, word sommige van die eiendomme in Da Gamabaai deur die padvervoer-riooldienste gediens.

“Hierdie gebruikers is in Long- en Ocean View-straat. Daar is ook ’n bykomende aantal huise wat gekoppel is aan gemeenskaplike tenke wat meer as ’n enkele huishouding bedien.”

Lawrence voeg by dat die storting na die riool­hooflyn “slegs gedoen word vir die water­komponent van die uitvloeisel, wat ge­bruik word om afgesakte vastestowwe in die rioolputte en mangate los te maak”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article