Van links is die ICA-spanlede Neheusha Daniels (administratiewe beampte), Margaret Maans (hulpbronmobiliseringsbeampte), Jeremy Maarman (direkteur), Lauren Philander (gemeenskapsimpakkoördineerder) en Laurenzo Fortuin (programkoördineerder). Photo: Noluvu Ludidi

Die Initiative for Community Advancement (ICA) in Piketberg het ‘n mylpaal bereik toe hy verlede Woensdag (23 Julie) sy 15de bestaansjaar gevier het.

Vieringe het by PPC De Hoek plaasgevind en is deur verskeie gaste en rolspelers bygewoon.

Volgens Jeremy Maarman, die direkteur van ICA, is die 15de bestaansjaar ‘n belangrike mylpaal wat getuig van die organisasie se volhoubaarheid, gemeenskapswortels en die uitwerking van sy werk oor tyd.

“Dit weerspieël ‘n dekade en ‘n half van gemeenskapsgedrewe ontwikkeling, die opbou van vennootskappe en die versterking van plaaslike leierskap. Hierdie oomblik gee geleentheid vir refleksie, viering en hernuwing van die organisasie se verbintenis tot sosiale geregtigheid en plaaslike filantropie.”

Volgens Maarman is ICA is gestig weens ‘n behoefte om ‘n plaaslike platform te skep wat gemeenskappe bemagtig om hul eie ontwikkelingstrajekte te bepaal. Die organisasie se missie is om gemeenskapsgedrewe ontwikkeling te bevorder deur die kapasiteit van burgerlike strukture, jong leiers en plaaslike organisasies te versterk.

“Die ICA werk om ‘n kultuur van aktiewe burgerskap, deursigtigheid en samewerking te vestig – met die uiteindelike doel om ‘n regverdiger, meer inklusiewe en selfstandiger samelewing in die Bergrivier- munisipale gebied en die breër Weskus-distrik te help vorm.”

Maarman is trots om met sy span te werk en meen wat hulle uniek maak, is hul diepgewortelde verbintenis tot die gemeenskap, hul uiteenlopende vaardighede en hul kollektiewe benadering tot besluitneming en probleemoplossing.

“Die span werk met empatie, vasberadenheid en ‘n sterk sin vir doel.”

Die gaste het heerlike samesyn by die vieringe geniet.

Maarman voeg by dat die ICA se reis van 15 jaar nie sonder die aktiewe deelname en vertroue van die gemeenskappe waarin hulle werk, moontlik sou gewees het nie.

“Die organisasie is dankbaar vir die ondersteuning van vennote, skenkers, plaaslike ower- hede en organisasies sonder winsoogmerk. Die toekoms word met hoop en doelgerigtheid benader, met die wete dat volhoubare gemeenskapsontwikkeling slegs moontlik is deur inklu- siewe prosesse, plaaslike kennis en langtermynbeleggings in mense en hul organisasies.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article