Koos Meiring, Sheena Truter, André Truter (Saldanhabaai-munisipaliteit se burgemeester), Rudi Delport, Karin Delport en Hendrik Louw. Foto’s: Noluvu Ludidi


Huis Wittekruin in Vredenburg het die afgelope Vrydag (13 September) sy vyfde wynveiling gehou.

Volgens Karin Delport, die bestuurder van Huis Wittekruin, was die aand ’n reusesukses.

“Die kos was uitstekend en van goeie gehalte; almal het dit baie geniet en ons hoop om almal weer volgende jaar te sien,” sê Delport.

Met meer as 40 lotte het die geleentheid gedien as ’n geldinsameling vir die tehuis, waarby die inwoners kan baat vind, en sal spesifiek die teerblad wat in ’n gehawende toestand en vol gate is, herstel kan word.

“Dit is ’n veiligheidsrisiko vir inwoners wat hulself ernstig kan beseer,” vertel Delport. Sy bedank elkeen vir sy bydrae tot die herstel van die teerblad om dit só veiliger vir die inwoners te maak. “U moet besef dat u ’n verskil in elke inwoner se lewe maak.”

Delport bedank ook almal wat die aand bygewoon het, al het hulle nie ’n lot gekoop nie, en voeg by dat almal wat ’n kaartjie gekoop het, ’n bydrae gemaak het. Sy het ook die komitee – Hendrik Louw, Rudi Delport en Koos Meiring – bedank.

Sy bedank ook al die skenkers wat gehelp het om die aand ’n sukses te maak en alles moontlik gemaak het:

Pulpit Rock

Schenkfontein

Pieter en René Vercuiel

Ina Smith

Le Roux & Fourie

Vignerons

Nico van der Merwe Wines

Nuy Winery

Swartland Winery

Piekenierskloof Wines

Du Toitskloof Winery

Simonsvlei

Winkelshoek

Driehoek Plaas

Koos Louw

Marais Erasmus

Wilmarine Jonker

Charlotte Jordaan

Klawer Cellars

Erns Hugo Snr.

Henk en Nicolett Louw

Koos Meiring

Klein Roosboom

Pine & Elzie Pienaar

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article