Kobus en Annelie Lock (agter) het die 5 l-bottel rooiwyn wat op die veiling was, vir Huis Wittekruin se hoof van instandhouding, August Marcus, beter bekend as “Gussie”, as geskenk vir sy 60ste verjaarsdag gekoop.Foto’s: Noluvu Ludidi

Derde wynveiling stu koffers van Huis Wittekruin

Kobus en Annelie Lock (agter) het die 5 l-bottel rooiwyn wat op die veiling was, vir Huis Wittekruin se hoof van instandhouding, August Marcus, beter bekend as “Gussie”, as geskenk vir sy 60ste verjaarsdag gekoop.Foto’s: Noluvu Ludidi

Huis Wittekruin in Vredenburg het Vrydag (15 September) sy derde wynveiling gehou. Die doel van die veiling was om geld in te samel sodat die tehuis ’n nuwe bussie en bakkie kan aanskaf.

Met 56 lotte en 247 bottels asook ’n WP-rugbytrui het mense omtrent hul beursies oopgemaak en die aand het goed verloop. Karin Hubbard, die bestuurder van Huis Wittekruin, sê hulle kan nie sonder die ondersteuning van skenkers, die gemeenskap en sake-ondernemings volhoubaar wees nie.

“Hul betrokkenheid en bydraes maak ’n wesenlike verskil. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om die wynveiling ’n sukses te maak.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article