Die Vredenburg-Hopland-o.21-rugbyspan sal sy wentitel by die vyfde o.21-Exodus-rugbykampioenskap hierdie naweek verdedig.
Die kampioenskap word hierdie Saterdag (29 November) by die Vredenburg-sportterrein beslis. Vanjaar sal hulle kragte meet teen Vredenburg Blok, Vredenburg Witteklip, Velddrif, Langebaan en Young Saints Laingville.
Vredenburg-Hopland het in 2024 as kampioene uitgetree nadat hulle Young Saints Laingville met 10-8 gewen het. Die hoop is dat hulle weer eens as die kampioene sal wegstap en hul gemeenskap trots sal maak.
Die toernooi het baie talentvolle jong rugbyspelers opgelewer, wat by rugbyakademies, eerste spanne vir rugbyklubs en selfs Boland aangesluit het.
Ondersteuners word aangemoedig om die dag by te woon. Toegang kos R20 per persoon en R20 per voertuig.




