‘n Voormalige Hoërskool Hopefield-leerder, Mariné Grobler, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse o.20-atletiekspan wat volgende maand aan die o.20-Wêreld-atletiekkampioenskap in Eugene, Oregon, gaan deelneem.

Grobler se insluiting in die nasionale span volg op haar uitstekende vertonings en gee haar die geleentheid om Suid-Afri- ka vir die eerste keer op internasionale vlak te verteenwoordig.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid. Dit sal ook my eerste keer wees dat ek Suid-Afrika verteenwoordig, so ek gaan elke oomblik ten volle geniet. Ek is ook dankbaar dat God my geseën het om hierdie geleentheid te kan ervaar,” deel sy met Weslander.

Die Hoërskool Hopefield wens haar met die prestasie geluk en alle sterkte toe vir die kampioenskap.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article