‘n Afvaardiging van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) is tans in Swede om die samewerkingsbande met die Karlskrona-munisipaliteit verder te versterk.
Die besoek volg op ‘n vorige afvaardiging van Karlskrona wat in Oktober verlede jaar die Weskus besoek het.
Die vennootskap val binne die Internasionale Sentrum vir Plaaslike Demokrasie (ICLD) se program en fokus op die bevordering van internasionale samewerking en kennisdeling tussen plaaslike owerhede.
Die SBM-delegasie word gelei deur die GOOD-raadslid Thyrone Williams. Tydens die besoek het hy onder meer ‘n geskenk aan die burgemeester van Karlskrona oorhandig as teken van vriendskap en die gedeelde toewyding aan internasionale samewerking.
Die groep van sewe lede sal die komende naweek na Suid-Afrika terugkeer.




