Niks sê winter soos ’n bakkie sop nie. Dié hoendernoedelsop is eenvoudig, propvol geur en ’n perfekte wintersop vir die siel.
Bestanddele
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 groot wortels, in klein blokkies gesny
2 selderystingels, in klein blokkies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
1 Food Lover’s heel hoender
750 ml (3 koppies) hoenderaftreksel
800 ml (2 blikkies) Food Lover’s se klappermelk
2 suikermielies, sny die kolf af
150 g Food Lover’s se eiernoedels
Sout en peper, na smaak
Metode
Soteer die ui, knoffel, wortel en seldery in ’n groot pot oor medium hitte in die olyfolie tot goudbruin.
Plaas die hele hoender in die pot en bedek met die hoenderaftreksel en klappermelk. Prut vir sowat 1 uur of tot die hoender gaar is.
Haal die hoender uit die pot en gooi die vel en bene weg.
Versnipper die res en plaas dit terug in die pot saam met die suikermielies en noedels.
Kook vir nog vyf minute of tot die noedels gaar is.
Geur met sout en peper en geniet.
Bron: https://foodloversmarket.co.za/recipes/chicken-noodle-soup/





