Heelwat plaaslike kinders en jeugdiges het aan die Laingville-buurtwag se strandskoonmaakdag deelgeneem.

Sowat 100 sakke se rommel op strand opgetel

Heelwat plaaslike kinders en jeugdiges het aan die Laingville-buurtwag se strandskoonmaakdag deelgeneem.


Die Laingville-buurtwag, in samewerking met lede van die gemeenskap en plaaslike borge, het verlede Woensdag hande gevat en die Laingville-strandgebied skoongemaak.

Volgens raadslid Thyrone Williams, wat nou by die buurtwag betrokke is, het die groep sowat 100 swartsakke vol rommel gemaak. Hulle het op die deel van die strandgebied waar die meeste mense swem, gefokus.

Williams het die borge, wat die geleentheid moontlik gemaak het – Coastal Tyres, Quinton Bouers, V&N Enterprise en Laingville-supermark – bedank.

Die groep se volgende skoonmaaksessie sal volgende week, op Mandeladag (18 Julie), by die Laingville-begraafplaas wees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article