Tania Herselman met haar boek Mrs Reverend.

Haar lewensreis en storie het Tania Herselman gemotiveer om dit wat sy ervaar het, in ‘n wareverhaal-boek om te skep. Dié inwoner van Velddrif het haar boek Mrs Reverend in ses jaar voltooi.

Herselman meen sy het groot drome in ‘n baie gewone dorp geleef, maar om buitengewoon te wees, was altyd die doelwit. Sy het verlief geraak op Godsdiens en nadat sy God in gebed gevra het vir die perfekte man, het Hy haar geantwoord en ‘n dominee op haar pad gebring – onwetend van die hartseer, die twee pragtige kinders en die groei wat haar op haar reis sal vergesel.

Volgens Herselman neem haar lewensverhaal lesers deur haar emosies, gebro-

ke hart en die genesingsproses. “Seer hoef nie die einde van jou pad te wees nie, maar kan verwerk word ná vergifnis en vrede. Dit is my inspirasie vir elke mens om vas te hou aan die woordjie hoop en aan God se liefde.” Deur die skryfproses moes Herselman soos enige skrywer alles uiteensit en mooi beplan om die storielyn te skep. “Daar was ook persoonlike groei – nie net fisiek nie, maar ook emosioneel en Christelik. Ek het werklik geleer wat vergifnis beteken en dat die son weer kan skyn – al hang ‘n donker wolk oor jou kop, is dit wat jy daarvan maak.”

Herselman sê die hoogtepunt was om die boek te voltooi en die eindproduk te sien. “Dit was ‘n ongelooflike ervaring.”

• Om die boek teen R200 te koop, kontak Herselman by 074 327 0566.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article