Bestanddele:
2 wortels, in growwe stukke gesny
1 rooi ui, in die lengte gesny
1 patat, geskil en in blokkies gesny
350 g pampoen, pitte verwyder, geskil en in stukke gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
’n handvol groenbone
’n handvol knopie-sampioene
400 g- blikkie kekerertjies, gedreineer en afgespoel
2-3 eetlepels olyfolie
2-3 eetlepels brandrissiesous
2 handevol spinasieblare
4-5 eiers
’n handvol gekapte pietersielie
Metode
Verhit die oond vooraf tot 210 °C.
Pak die groente en kekerertjies saam met die patat en olyfolie op ’n vlak bakplaat. Rangskik so dat die groente in ’n enkele laag is.
Plaas in die oond vir 30 minute totdat dit sag is en begin verkleur.
Voeg die spinasie by die pan, draai die groente om en maak ’n opening vir elke eier.
Gooi of breek ’n eier in elke opening en plaas terug in die oond.
Bak totdat die eierwitte stol, maar die gele nog loperig is – sowat 5-6 minute.
Strooi pietersielieblare en ’n paar lepels vars brandrissiesous oor na smaak.
Sit in vlak bakkies voor – net soos dit is, of met vars brood.





