Weens die min inwoners en ander rolspelers wat die Hopefield-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering op Maandag 10 November bygewoon het, het die bestuur (foto) besluit om die jaarlikse vergadering uit te stel. Volgens Riaan Farao, die voorsitter van die Hopefield-GPF, was die verwagting dat baie meer mense die vergadering sou bywoon – veral aan die veiligheidsforum se kant, maar die aantal gemeenskapslede was ook min. Farao meen die vergadering is vir ‘n geruime tyd geadverteer en sê hierdie soort vergaderings is baie belangrik sodat die gemeenskap oor al die gebeure en ontwikkelinge van die GPF asook oor gebeure in die dorp ingelig kan word. “Juis omdat ons die brug tussen die polisie en die gemeenskap is, voel ek gemeenskapslede moet na die vergaderings toe kom sodat hulle hul menings kan lug en duidelikheid kan kry.” • Die vergadering is tot Maandag 24 November om 19:00 uitgestel. Foto: Noluvu Ludidi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article