Een van Suid-Afrika se kulinêre kenmerke is die geur en smaak van tradisionele Afrikaanse kookkuns. Hier is Aletta Francina de Kock se goeie ou aartappelslaai.

Boonop kry jy die resep vir ’n volgelaaide toebroodjie, net vir daardie ekstra bietjie woema.

Aartappelslaai –

Bestanddele:

• Aartappels (gekook en opgesny)

• ¼ koppie Hellmann se mayo

• 3 e piekelsap

• 3 eetl kondensmelk (of soveel as wat jy wil)

• Gekapte piekels

• ½ rooi ui fyn gekap

• Gevlokte sout & peper na geur

Metode:

Meng al die sousbestanddele saam in ’n bak, gooi dan oor afgekoelde aartappels en meng liggies.

Gelaaide toebroodjie –

Bestanddele:

• Hellmann se mayo

• 2 snye geroosterde brood

• Agurkies

• Komkommer

• Babaspinasie

• Songedroogde tamaties

• Gekaramelliseerde uie

• Bros spekvleis

• Gerasperde kaas van keuse

• Sout en peper

Metode:

Voeg Hellmann se mayo by twee snye lig geroosterde brood.

Voeg die volgende in lae by een sny: agurkies, komkommer en babaspinasie.

Voeg by die ander gekapte songedroogde tamaties, gekaramelliseerde uie, bros spekvleis en gerasperde kaas.

Voeg sout en peper by om te geur.

Bron: Hellmann

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article