As jou boereworsresep goed
genoeg is om vir jou ‘n legen-dariese bynaam soos Grill Sergeant, Jamie Olivewors of Braaian Reynolds te verdien, nooi Shoprite en Checkers jou uit om jou beste resep vir die 33ste
jaarlikse Boereworskampioen- skap in te skryf voordat inskrywings oor twee weke – op
Vrydag 20 Junie – sluit.
Suid-Afrika se 2025-boerewors- kampioen sal met die hoofprys – ‘n splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT ter waarde van R705 800 en die spogregte om sy wenresep-wors by Shoprite- en Checkers-winkels landwyd te verkoop – wegry.
Suid-Afrika se nr. 1 Kampioen-
skap-Boerewors het hom die afgelope drie dekades stewig as ‘n gunsteling gevestig deurdat Shoprite en Checkers die land se mees outentieke en heerlike tradisionele resepte gemaak met die beste gehalte bestanddele ten toon stel.
Shoprite- en Checkers-
slaghuise het die afgelope jaar alleen byna ses miljoen kilogram (6 000 ton) Kampioenskap-boerewors verkoop – genoeg om 56 miljoen boereworsrolletjies te maak.
“Hierdie kompetisie is ‘n viering van Suid-Afrika – nie net die land se ryk voedselerfenis nie, maar ook die kultuur wat ons gebou het deur tyd saam met vriende en familie om die braai- vleisvuur deur te bring,” het die wenner van 2024 se
Kampioenskap-Boereworskompetisie, Ruard Briel, gesê. “Om die titel as Boereworskampioen te wen en van hierdie nalatenskap, deel te word, was ‘n groot eer.
“Al die deelnemers is soos
koninklikes behandel, en die
ervaring was onvergeetlik – daarom sal ek weer inskryf.”
Deelnemers moet vaardigheid en bemeestering van die volle boereworsmaakproses demonstreer – van die vermenging van die perfekte mengsel kruie en speserye tot die verwerking van die vleis en die maak van perfek gevulde en gaar boerewors.
Alle inskrywings sal deur ‘n paneel kulinêre kundiges van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (Saca) beoordeel word.
Ingediende resepte moet aan tradisionele boereworsmaak-
riglyne voldoen en sal streng gekeur word voordat dit na die volgende ronde beweeg.
Sodra dit bekragtig is, sal die beoordelaars ‘n kortlys van 30 resepte opstel voordat dit tot die top-10-finaliste beperk word.
Die finaliste neem deel aan ‘n spesiale regstreekse geleentheid waar ‘n paneel beoordelaars een verdienstelike deelnemer as die Kampioenskap-Boereworswenner vir 2025 sal kroon.
Die wenner en naaswenners ontvang die volgende:
• Eerste prys: ‘n Nuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT en ‘n geldprys van R20 000
• Tweede prys: R50 000
• Derde prys: R30 000
Vir meer inligting of om in te skryf, besoek die webblad
championshipboerewors.co.za



