Die tema van Mnr. en Mej. Fynbos Tiener was vanjaar die Wilde Weste en die loopplank het geknars onder al die stewels, cowboy-hoede en Indiaan-pakkies.

Dié jaarlike kindermodelkompetisie vir kinders van 2-18 jaar oud is die afgelope Donderdag (28 Augustus) as deel van die jaarlikse Hopefield-fynbosskou se openingsaand gehou.

Dit was soos altyd ‘n vars briesie met kinders wat ouderdomsgepaste uitrustings gedra en dit ooplopend geniet het.

Mnr Teen Fynbos Juandré Corrie (middel) saam met Jacques van Tonder (eerste prins, regs) en Jordan-Michael Nel (links).

Juandré Corrie is die tweede agtereenvolgende jaar as Mnr. Fynbos Tiener gekroon. Nika van Schalkwyk dra die kroon as Mej. Fynbos Tiener 2025.

Mej Teen Fynbos Nika van Schalkwyk (middel) saam met Monèt Pienaar (eerste prinses, regs) en Ashley Burger (tweede prinses, links).

Dit is die sesde Mnr. en Mej. Fynbos Tiener en die derde jaar wat seuns ook kon deelneem.

Die aanbieders was vanjaar Mymie Vermooten, Refilwe Mtila en Keoratile Gabriella Monnanyane – almal leerders van die Hoërskool Hopefield (HSH).

Die beoordelaars vir vanjaar was Annemarie van der Merwe (West Coast Garage Doors), Sienie Steyn (Haval), Barend Jordaan (die bemarker by HSH) en Nathan Bezuidenhoudt van Hyundai Vredenburg.

Hulle het die moeilike taak gehad om aan deelnemers ‘n punt uit vyf toe te ken vir onder meer spontane optrede en selfvertroue.

Die organiseerders – Denise Jordaan en Jessica Bosman – bedank elke borg wat tot die hope geskenkpakke vol hoëgehalteprodukte vir die deelnemers en beoordelaars bygedra het.

Die wenners van klein na groot is:

Mej. Tiny Fynbos, Hazel Papier, Isabella le Roux (eerste prinses) en Makhaira Maree (tweede prinses). Foto’s Alida Buckle
Mnr Tiny Fynbos Deon Carstens (links) en Anraud Willemse (tweede prins). Nie op foto: Joshua Nero.
Mej Little Fynbos Abbigail Jordaan (links) met Emily Engelbrecht (eerste prinses, middel) en Mienke Lucas (tweede prinses, regs). Foto: Sonja Kruger
Mej Junior Young Fynbos Angelique Jordaan, Moana Julies (eerste prinses, regs) en Ava Theron (tweede prinses, links).
Mnr Junior Young Fynbos Jayden White (middel) saam met Schalk le Roux (eerste prins, regs) en Zian Rust (tweede prins, links).
Mej Young Fynbos Mika Annerjas Krugwe (middel) saam met Amoray de Kock (eerste prinses, regs) en Lizé Sherman (tweede prinses, links).
Mej Junior Teen Fynbos Ingrid Brink (middel) saam met Mia Steyn (tweede prinses, links) en Cassidy Nero (eerste prinses, regs).

Weslander se Mnr en Mej Fynbos Tiener: Fotogenies is:

Die meisiewenners van Weslander se Fotogeniese-afdeling by die Mnr en Mej Fynbos Tiener-kompetisie is van links Hazel Papier, Abbigail Jordaan, Anské Bester, Ariana Rust, Monét Pienaar en Carla Burger.
Die meisiewenners van Weslander se Fotogeniese-afdeling by die Mnr en Mej Fynbos Tiener-kompetisie is van links Hazel Papier, Abbigail Jordaan, Anské Bester, Ariana Rust, Monét Pienaar en Carla Burger.
Jordan Nel, Jayden White, Joshua Nero en Zian Rust was Weslander se totogeniese wenners in die seunsafdelings. Die beoordelaars van buite die Weskus was Justin Cupido, Groepsadvertensiebestuurder: Boland Media, en Heléne Meissenheimer, oud-redakteur van Weslander en nou ʼn joernalis by die Kerkbode.

Die Besgeklede meisie en seun is:

Die titel van Bes Geklee het gegaan aan Herman de Kock (seuns) en Chrizaan van Zyl (meisies).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article