Musiekpret-aand by Skilpadsaal op Vredenburg

23 August 2025 @ 18:30

Kom toets jou musiekkennis teen dié van ander Weskussers by die Musiekpret-aand ten bate van die St. Helena- Sandveld-hospies.

Re/Max aan die Weskus bied elke jaar ‘n geldinsamelingsbyeenkoms ten bate van die hospies aan. Hulle belowe ‘n aand van groot pret, lag, laf wees en raai wat die naam van jou gunstelingliedjie is.

Die aand word gelei deur ‘n professionele aanbieder, soortgelyk aan die immergewilde en bekende televisiereeks Noot vir Noot.

Die byeenkoms vind op Saterdag 23 Augustus in die Skilpadsaal in Vredenburg plaas en begin om 18:30. Die liedjies is vir oud en jonk.

Die St. Helena-Sandveld-hospies is ‘n organisasie sonder winsoogmerk, wat na sterwende siek mense in die gerief van hul eie huis omsien. Hulle staan die pasiënte in die laaste paar dae van hul lewe by.

Die diens is gratis en die hospies maak staat op skenkings om hierdie onbaatsugtige diens aan gemeenskappe in die Weskus te kan lewer.

Re/Max daag ander sakeondernemings uit om elk ‘n tafel vir die geleentheid te bespreek.

Bring ‘n mandjie met jou gunsteling- verversings en kom deel in ‘n aand van onskuldige pret.

Vir die ernstige rugby-ondersteuners sal daar ‘n groot televisieskerm wees om na die Bokke se wedstryd van 17:00-19:00 te kyk.

Die byeenkoms sal in alle erns daarna begin.

Pryse vir die mooiste tafel, die tafel met die beste gees en die tafel wie se mense die mooiste sing, is op die spel.

Kaartjies kos R250 per persoon.

• Bel Kim by 083 560 4492 of stuur e-pos na sales@remaxweskus.co.za vir nog inligting.

R250 per persoon

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article