4 October 2025 @ 15:00
Die Bergrivier-jazzkonsert kom Saterdag (4 Oktober) na die Laaiplek-hotel in Velddrif. Konsertgangers kan uitsien na musiek van die legendariese Allou April van Saldanha, Tarryn Lamb met ‘n orkes, asook ander bekendes in die musiekbedryf, onder wie Ezra Lingeveldt, August West, Chadleigh Gowar, Steyn Fourie en Uncle Cal. Quinton Manuels sal die seremoniemeester wees en die energie van die begin tot die einde laat vloei.
Kosstalletjies, ‘n kontantkroeg en ‘n hotelspyskaart sal beskikbaar wees.
Die hekke open om 15:00 en kaartjies kos R250.
Besoek www.wes-kutickets.co.za of die hotel om te bespreek.
Bel Fourie by 083 558 4947 indien jou jazzgroep belangstel om by die konsert op te tree.



