Ernstige weerwaarskuwing vir Weskus, Wes-Kaap: Berei voor vir gevaarlike storms

Nuus oor die weer.
Nuus oor die weer.

Ernstige weerwaarskuwing vir Weskus, Wes-Kaap: Berei voor vir gevaarlike storms


Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWB) het ‘n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir ernstige donderstorms wat Woensdag 23 September oor die Weskus en omliggende gebiede verwag word.

Die waarskuwing geld die hele Woensdag en sluit die Saldanhabaai- munisipale area en die suidelike dele van die Weskusdistrik in, saam met Kaapstad, die Kaapse Wynlande en Overberg.

Volgens die SAWB sal ‘n laedrukstelsel oor die weste van die land ontwikkel, wat ernstige donderstorms oor die Wes-Kaap sal veroorsaak.

'n Satelietfoto van die storm wat p pad is. Foto: afriwx.co.za
‘n Satelietfoto van die storm wat p pad is. Foto: afriwx.co.za

Wat om te verwag

Inwoners moet voorberei vir groot hoeveelhede kleinerige haelkorrels, buitensporige weerlig en rukwinde tussen 40 en 55 km/h.

Die storms kan die volgende impakte hê:

  • Plaaslike onderbrekings van elektrisiteit.
  • Moontlike beserings aan mense en vee.
  • Skade aan eiendom.
  • Brandinsidente, insluitend woning- en veldbrande.

Bly só veilig

Die Weerdiens dring daarop aan dat inwoners die volgende voorsorgmaatreëls tref:

  • Bly indien moontlik binnenshuis, weg van metaalvoorwerpe.
  • Moenie skuiling soek onder bome of hoë voorwerpe nie.
  • Vermy buitelugaktiwiteite soos gholf of visvang, aangesien gholfstokke en visstokke goeie geleiers van elektrisiteit is.
  • Gaan onmiddellik binnenshuis sodra donderweer begin.

Vir meer inligting, besoek weathersa.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 17 September 2026
    Weslander E-Edition – 17 September 2026

Gift this article