ELANDSBAAI – Enigiemand met inligting rakende die raaiselagtige omstandighede rondom die dood van Mervyn Mouries (65) word versoek om na vore te kom.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, is Mouries op Sondag 18 Januarie vanjaar by sy woonplek in Strandloperstraat in Elandsbaai oorlede. Volgens inligting het hy steekwonde aan sy linkerbeen en kop gehad.
Die uitslag van die nadoodse ondersoek word steeds afgewag om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.
Die polisie ondersoek die omstandighede en doen ’n beroep op enigeen wat moontlik iets gesien of gehoor het, of oor enige relevante inligting beskik, om adjudant-offisier Martin Kruger by 082 469 5988 te kontak.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.






You must be logged in to post a comment.