Vandag se uitgawe is ‘n historiese oomblik vir Weslander, dit is die laaste koerant wat ná 54 jaar se getroue Donderdag-verkope by betaalpunte betaalbaar is.
Sedert sy ontstaan het Weslander week ná week op Donderdae verskyn en deel geword van die Weskus se storie, en ons gaan hier bly, maar van volgende week af word die koerant gratis versprei. Lees meer oor die redes vir die verandering in die Redaksionele Kommentaar op bl. 8.




