Die Saldanhabaai-munisipaliteit se Ramprisikobestuur het Dinsdag 31 Maart 2026 ‘n opdatering oor die beskikbaarheid van diesel in die gebied vrygestel.
Carol Feris van die Ramprisikobestuur het gesê daar daar was ‘n goeie voorraad diesel by ‘n aantal vulstasies, maar sommige plekke het beperkte of geen voorraad gehad nie. Die situasie kon al heelwat verander het van vanoggend na vanmiddag omdat van die vulstasies vandag (Dinsdag 31 Maart) wel brandstofversendings ontvang het. Feris sal weer môreoggend ‘n opdatering kry.
Teen 11:00 vanoggend het Astron Laguna Mall nog die meeste voorraad (19 000 liter) gehad, BP Saldanha 12 000 liter, Astron Vredenburg 11 286 liter (plus ‘n verwagte aflewering van 20 000 liter later in die dag) en Astron Stoneridge 11 000 liter.
CWL Baard in Hopefield het ook 10 000 liter beskikbaar gehad. Hierdie stasies is as die beste opsies beskou vir bestuurders wat diesel benodig het.
’n Paar stasies het matige voorraad, insluitend Engen 1 Stop R27 met 9 000 liter en ’n verwagte aflewering van 16 000 liter, Total St Helenabaai met 9 000 liter en Q4 Fuel met 6 000 liter.
Beperkte dieselvoorrade is aangeteken by Total Steers Langebaan (4 000 liter) en Total Saldanha (1 800 liter). Dit beteken dat diesel hier vinnig kon opraak.
Engen in Saldanhaweg op Vredenburg het so pas bevestig dat hulle nog sowat 2000 liter diesel oorhet.
Twee vulstasies het vandag groot aflewerings verwag: Astron Vredenburg (+20 000 liter) en Engen 1 Stop R27 (+16 000 liter).
Vroeër vandag was die vulstasies met die meeste diesel nog Astron Laguna Mall (19 000 liter), BP Saldanha (12 000 liter), Astron Vredenburg (11 286 liter + 20 000 liter verwag) en Astron Stoneridge (11 000 liter).
Feris het beklemtoon dat die Saldanhabaai-munisipaliteit bestuurders aanraai om vooraf te beplan, veral in tye soos nou met verhoogde aanvraag en beperkte voorraad.
*Indien die situasie by jóú vulstasie verander het en daar weer diesel beskikbaar is, laat weet ons gerus by 082 576 0453 (WhatsApp).




