Hiér het die eerste fase van die “Stap en Trap”-roete begin. Van links is Moswin Moore, LeBrett Cordon en Ray van Rooy (die Bergrivier-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester).Foto: Bergrivier-munisipaliteit


Die Bergrivier-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Ray van Rooy, Moswin Moore (raadslid) en LeBrett Cordon neem deel aan die Stap en Trap-inisiatief, ’n agtdag-staptog van Piketberg deur al die dorpe in Bergrivier-munisipaliteit.

Die eerste fase van die roete (Piketberg tot Porterville), wat 27 km behels, het Maandag 1 Augustus begin. Dinsdag (2 Augustus) het die deelnemers Eendekuil toe gestap en getrap. Woensdag was die groep op pad na Redelinghuys waar hulle ook die aand sou oornag.

Die doel van die inisiatief is om van dorp tot dorp te reis (stap en fietsry) om bewusmaking in die Bergrivier-munisipale gebied teen dwelm- en alkoholmisbruik, seksuele uitbuiting, tienerswangerskappe, geslagsgebaseerde geweld, diefstal van munisipale eiendom en die oprigting van dwelmhuise te kweek.

Wanneer hulle die dorpe bereik, sal hulle deur die wyksraadslid en gemeenskapslede verwelkom word.

Van Rooy samel geld in vir die Burgemeestershulpfonds om die maatskaplike euwels in gemeen­skappe te bekamp.

Inwoners se vriendelike skenkings sal gebruik word om die kerndienste van plaaslike nieregeringsinstellings in die Bergrivier-munisipale gebied te ondersteun.

Aktiwiteite sal regstreeks op die Bergrivier- Stap en Trap-inisiatief se Facebook-bladsy uitgesaai word. Hierdie blad is geskep vir geldinsamelingdoeleindes en om gemeenskapsbetrokkenheid te kweek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article