Met die doel om boks as ’n sport meer bekend te maak, het Roscoe Pekeur, ’n inwoner van Montagu, besluit om bokstoernooie te reël.

Pekeur se eerste bokstoernooi het in Montagu plaasgevind en was ’n reusesukses. Nie net het die toernooi blootstelling aan boksers gegee nie, maar ook as geldinsameling gedien vir ’n skool in die area.

Ná navraag uit die Weskus het Pekeur besluit om ’n toernooi en geldinsameling by ’n skool in die Weskus te hou in Februarie 2023. Pekeur is tans op soek na ’n skool waar hy hierdie geleentheid kan aanbied.

Sou skole belangstel kan hulle Pekeur by 067 744 8669 bel, of stuur e-pos na pekeurroscoe@gmail.com.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article