Die Weskus is bekend vir sy blommeprag in Augustus en September wanneer mense van heinde en ver op die streek toesak om dit van nader te besigtig. Dit blyk wel dat die streek se vierpotiges ook waardering vir die kleurvolle skepping het. Heinrich Boock, ’n plaaslike tandarts, het onlangs dié skattige foto van een van hul dierekinders, Brufie, ’n spanjoel/Africanis-kruisras, tussen die blomme by die nuwe Laguna Ridge-ontwikkeling afgeneem. “Brufie is genoem na die anti-inflammatoriese medikasie Brufen, beter bekend as Ibuprofen,” vertel Boock tong-in-die-kies.Foto: Heinrich Boock


Blommehond

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article