Natuurlik het elke mens regte, maar saam met regte kom verantwoordelikhede.

Ons het die reg om kinders te hê, maar dis ons verantwoordelikheid om goed vir hulle te sorg en hulle skool toe te stuur.

Ons het die reg om alkohol te drink, maar dis ons verantwoordelikheid om matigheid voor oë te hou en nie te bestuur wanneer ons ’n glasie wyn of twee gedrink het nie.

Ons het die reg op ’n veilige en skoon omgewing, maar dis nie net die polisie of die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie.

Ons het die reg op vryheid van geloof, opinie en spraak, maar haatspraak en laster kan tot ernstige gevolge lei.

Dan is daar ons reg op behuising, kos, water en sanitasie. Nie een van hierdie regte kom sonder verantwoordelikhede nie.

En ons reg op betoging en petisie is geen uitsondering nie.

Wettig gereelde betogings eindig dikwels in onwettige chaos en openbare geweld. ’n Geleentheid om aan ’n optog vir ’n verdienstelike saak deel te neem of oor griewe te betoog wat nie andersins opgelos kan word nie, is ons reg, as – bygesê – by die reëls gehou word. Dis egter nie ’n lisensie om te plunder en te steel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article