Die Vredenburg-gemeenskap is geskok ná die skielike afsterwe van Jaco de Goede. Hy is die afgelope Saterdag (11 Julie) tuis in Vredenburg oorlede. De Goede, wat in Vredenburg grootgeword het, was ‘n bekende en geliefde Weskusser. Hy het die afgelope agt jaar sy onderneming, Pro Mac Motorcycles, in Vredenburg bedryf en was ‘n bekende gesig onder motorfiets-entoesiaste aan die Weskus. Tydens die afgelope Sondag (12 Julie) se erediens by die Biker Church is ‘n gewyde minuut van stilte ter ere van De Goede gehou. Sy begrafnis vind die komende naweek plaas.

Bekende in motorfietswêreld in Vredenburg oorlede

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article