Bestanddele
2 Bar One-sjokolades
1 koppie meel
1 koppie suiker
’n knippie sout
4 teelepels kakao
5 ml vanieljegeursel
1 koppie warm water
1 eier
Bar One-poedingsous
2 x Bar One sjokolades
1 koppie room
Metode
Meng al die droë bestanddele saam, saam met die Bar One-stafies. Sny in klein blokkies.
Meng die eier, water en vanieljegeursel saam.
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng goed.
Gebruik Spray & Cook in ’n houer wat in die mikrogolf gebruik kan word.
Gooi mengsel in die houer en mikrogolf vir 8 minute op hoog.Sous:
Smelt die Bar One en room saam. Hou aan roer. Wanneer die poeding gaar is, haal dit uit die mikrogolfoond en gooi die sous oor.
Sit voor met geklopte room, vla of roomys.





