Die rugbykoors in die Boland loop hoog, en alle paaie lei na die Boland Stadion in Wellington op Saterdag, 15 November. Die Sanlam Boland Top 12, wat vier jaar gelede ’n naamverandering ondergaan het, het sedertdien ’n merkbare gedaanteverwisseling getoon. Ondersteuners kan uitsien na ’n naweek van opwindende uitkloprugby van die hoogste gehalte.
Na vyf weke van intense uitspeelwedstryde, waarin 46 van die beste spanne van die Boland Rugbyunie mekaar die stryd aangesê het in die Super 8, 10, 16 en die Sanlam Boland Top 12, is die stryd om die grootste prys in Boland rugby, die Super 8,10,16 en Top 12-kampioenskap, nou op sy punt van’n klimaks. Die finale logistieke reëlings is vir oulaas deur die voorsitter van die uitspeelkomitee en vise-president van die Boland Rugbyunie, Pat Marran, aan die media en publiek bekend gemaak.
Slegs vier van die oorspronklike 12 spanne wat op 11 Oktober die Sanlam Boland Top 12-kompetisie afgeskop het, het staande gebly. Robertson Town, die enigste onoorwonne span onder die finaliste, het sy plek in die semifinaal op Saterdag 15 November verseker toe hy Saldanhaabaai met 46-27 geklop het en word beskou as ’n groot bedreiging vir sy teenstaander, Villagers Worcester.
Die aksie begin reeds om 09:00 met die Super16 en 10 semifinale waarna die twee Top 12 seminale tussen Roses United en Saldanhabaai mekaar takel, met die laaste kragmeting van die dag tussen Robertson Town en Villagers Worcester 16:00. Alles dui op ’n opwindende Saterdagmiddag vir rugbyliefhebbers by die Boland Stadion in Wellington.
Die legendariese rugbyspeler Koos Strauss van Saldanhabaai het in sy speeldae gesê: “Jy moet eers trane stort op die Boland Stadion voordat jy ’n semi- of finaal kan wen.” Hierdie woorde eggo steeds tussen die pawiljoene en herinner ons aan die diepte van passie en opoffering wat Boland-rugby kenmerk.
In sy openingsboodskap het Pat Marran verwys na die Sanlam Boland Top 12-kompetisie, wat vier jaar gelede ’n naamsverandering ondergaan het en sedertdien ’n merkwaardige opwaartse kurwe beleef. Die logistieke reëlings is volledig uitgestal, nou is dit die finaliste se beurt om te bewys dat Boland-klubrugby op ’n ander vlak is as rugby elders in die land.

Marran het sy toespraak afgesluit deur die klubs, borge, ondersteuners en amptenare van Boland Rugby uit te sonder vir hul waardevolle bydrae. Hy het ook hulde gebring aan afgestorwe spelers en families wat ’n onuitwisbare merk as helde in die Boland Rugbyunie gelaat het,’n nalatenskap wat ons nooit mag vergeet nie, het hy gesê.
Sterk veiligheidsmaatreëls sal van krag wees, met ondersteuning van verskeie plaaslike sekuriteitsmaatskappye, SAPS en die Metro Polisie. Ondersteuners kan met gemoedsrus uitsien na topgehalte rugby en ’n opwindende wedstryd dag op die Boland Stadion.
Parkering
VIP- Huis Usonathi en Boland kantoor
Ondersteuners – Andrew Murray (130 voertuie), Generaal Hertzog Plein(100 voertuie , Jikskeybaan(150 voertuie), Blouvlei, Shoprite(200 vanaf 13:00)
Aanlynlyn kaartjies verkope – webticket (350 kaartjies, vir pensioenarisse @ R0, 250 alreeds uitverkoop, 100 kaartjies weer beskikbaar gestel)
Wedstryd bepalings
09:00 – Miracles t. Rangers De Hoop- B-veld
10:45 – Bluebirds t. Progress Botha –B-veld
12:30 – Central Wolwes Vroue t. Mamre Vroue – B-veld
14:15 – Protea t. Koringberg – B-veld
10:00 – Walkerbay t. Young Good Hopes – A-veld
11:45 – Atlantics t. Lovedale – A-veld
14:00 – Villagers Worcester t.Saldanhabaai – A-veld
16:00 – Robertson Town t. Roses United – A-veld






You must be logged in to post a comment.