Agt van Saldanhabaai-atletiekklub se atlete het die afgelope Saterdag (14 Junie) aan die Saldanha Bay Health Run by die Militêre Akademie in Saldanha deelgeneem. Die atlete het aan die 5-km-item deelgeneem en medaljes verwerf. Uitslae:
• Lushaan Koopman (11) – vierde plek
• Jaden Basson (14) – sesde
• Romeo Adams (16) – 10de
• Chrystal Adams (13) – 11de plek en eerste vrou (junior)
• Jordan Basson (12) – 13de
• Elijah Adams (8) – 16de
• Abrey Hollard (12) – 18de plek en tweede vrou (junior)
• Zusakhe Rorwana (9) – 21ste plek
Die klub en gemeenskap is baie trots op ons toekomstige Olimpiane. ‘n Groot dankie gaan ook aan Willie Nel, die hoofafrigter, en die assistentafrigters Marlin Present, Veronique Nel en Alfred Damons.








