Twee atlete van die Laerskool Vredenburg het aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekbyeenkoms in Germiston deelgeneem en baie goed gevaar.
Zharia Londt het in die 100 m vir meisies van 12 jaar deelgeneem en ‘n algehele 15de plek behaal.
Jan-Harm Burger het die diskus vir seuns o.13 met 46,72 m gewen – ‘n fenomenale prestasie.






