Die Saldanha-polisie het Vrydag Vital Connection se bejaardes in Diazville, Saldanha, besoek en Kersgeskenke gaan aflaai.

Polisievroue het met die oumense gesels oor probleme soos gesinsgeweld in die gemeenskap en het wenke uit­gedeel oor hoe mense hulself in die feesseisoen kan beveilig.

Hierdie besoek het ook die Saldanha-polisie se 16-dae-veldtog teen geweld teen vroue en kinders afgesluit.

Die polisie het die geleentheid gebruik om Charmaine White, wat die geskenke geborg het, te bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article