Dalk ’n moontlike oplossing?

Hierdie ysterring sal dalk help om die dief of diewe te keer om die straatligpale te vandaliseer. Dit bly altyd ’n groot uitdaging om die skelms een voor te wees.

Louwville kry binnekort ’n nuwe woonbuurt en dan moet daar weer beplanning gedoen word om die eiendom en bates van inwoners en die munisipaliteit te beskerm veral omdat kabeldiefstal nou so die hoogte in skiet.

Kom ons hou ons dorp en woonbuurte vry van plundery en diefstal deur elke moontlike plan of voorstel met mekaar te deel en in werking te stel.


Sakkie Mentoor,

Louwville

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article