Wyle Herman Grobbelaar van St. Helena­baai was ’n geregistreerde pasiënt by Kansa. Grobbelaar is in 2017 aan kanker oorlede en sy vrou, Rita Grobbelaar, is in 2021 ook aan kanker oorlede. Hulle het voor hul afsterwe die besluit geneem om hul erflating terug te ploeg in St. Helenabaai se kanker­pasiënte. Met die geld kon Kansa ’n nuwe rolstoel en kommode koop, waarvoor hulle baie dankbaar is. Mediese toerusting vorm deel van Kansa se ondersteuningshulpbronne vir kankeroorlewendes. Kansa bedank die Grobbelaar-familie vir die skenking. Die Kansa-vrywilliger Shumay Coetzee (foto) het die skenkings ontvang.


Skenkings ná hul dood

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article