’n Voormalige polisieman van St. Helenabaai, wat in 2018 uit die polisiediens bedank het, is dood by sy huis aangetref.
Kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, het bevestig die polisie het ’n geregtelike nadoodse ondersoek na Lauren Malgas (35) se dood begin.
Sy vrou het Saterdag 17 Junie om 17:30 op sy liggaam in ’n houthuisie by hul huis in Bokbaaivygiestraat, Laingville, afgekom.
Hy was reeds dood.




