Soms is dit nie nét Maandae wat blou is nie – partykeer loop ’n mens ook op ’n Donderdag ’n bloutjie by die werk.
Dinge het verlede Donderdag (28 April) op ’n konstruksieperseel in St. Helenabaai ietwat skeefgeloop toe ’n groot graafmasjien van ’n vragmotor af getuimel het terwyl ’n konstruksiewerker die masjien probeer aflaai het.
Volgens die nooddiens West Coast Medical Rescue, wat hulp op die toneel verleen het, is niemand genadiglik in die voorval beseer nie.




