Vier leerders van Diazville Primêr gaan tussen Donderdag 26 Mei en Saterdag 28 Mei aan die Wes-Kaapse Laerskole Individuele Skaakkampioenskap in Worcester deelneem. Die skool is vreeslik trots op hierdie leerders. Die skool vra egter vir enige finansiële bydrae tot die uitgawes van al vier leerders om hierdie geleentheid ’n werklikheid te kan maak. Astrolita Peters (links), Francisca Pienaar, Crystal Adams en Jaydean Farmer staan by hul afrigter, Jacques Booysen. Vir navrae of om bydraes te lewer, kontak die skool by 022 714 1645.


Skaakspelers kan wenskuif maak as lesers help

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article